Toere in Afrikaans

Vir ons Afrikaanssprekende asook Nederlandse en Vlaamssprekende Belgiese gaste bied ons die toere aan in Afrikaans. Ons vind dat dit maklik en "prettig" is om mekaar te begryp mits ons natuurlik die eerste paar uur "heel langsaam" praat.

Ons vind dit altyd baie "leuk" en verreikend om woorde en betekenisse uit te ruil. Kom geniet die toer saam met ons in 'n taal baie na aan U eie taal en vind uit wat 'n vonkprop, prikkelpop, martelpyp, beeldradio, pendeltuig en hysbak in Afrikaans is.

Afrikaans is ons huistaal en ons geniet dit geweldig om oorsese gaste vanaf België en Nederland hier te verwelkom.